| Die deursneetiener se soeke na geestelike ankers word
by die Kempies as baie belangrik beskou. Die vestiging
van Christelike lewenswaardes by ons leerders is 'n belangrike
prioriteit.
Daar word deurgaans gepoog om ons leerders te begelei
tot die handhawing van 'n christelike lewenstyl.
Die Gr 8 en 9 leerders woon eenmaal in 'n siklus 'n
kompas klas periode by. Daar word gepoog om gedurende
hierdie periode sake te hanteer wat deel van die tieners
se leefwêreld is, en daar word dan aktief gekyk na
wat die Bybel daaroor sê. Klasbesprekings word sterk
aangemoedig. Leerders word ook aangemoedig om hul vrae
te verwoord. Daar word persoonlike gesprekke met predikante
/ ander geestelike leiers gereël sou dit blyk dat
'n leerder behoefte daaraan het.
Gedurende die periode word sterk gefokus op die integrasie
van Christelike waardes in die tieners se daaglikse lewens.
Die aanleer en toepassing van lewensvaardighede vanuit
'n Christelike perspektief word ten doel gestel. |