KAN: Kempie Akademiese Netwerk
Hoërskool Kempton Park is weer eens op die voorpunt van ontwikkeling. Nadat die behoefte by leerders geïdentifiseer is om akademiese inligting op die Internet te bekom, het Kempies begin om 'n akademiese webwerf te ontwikkel.

Die projek is nou in sy 5de jaar, en die Kempies wat geregistreer is het toegang tot:

  • Vorige 3 jaar se toetse en eksamenvraestelle waar van toepassing.
  • Eksamenwenke en ander wenke om leerders meer gestruktureerd te laat studeer.
  • Huiswerk wat weekliks, of selfs kwartaalliks gelaai word. Ekstra oefeninge in vakke soos Wiskunde.
  • 'n Interaktiewe afdeling waarin leerders vrae aan die onderwysers kan stel en sodoende hul eie databank van vrae en antwoorde kan opbou.

Die webadres is: www.kempies.co.za/kan

Wanneer leerders registreer kies hulle hul eie gebruikersnaam en wagwoord. Registrasie vind jaarliks plaas en inskrywingsvorms is beskikbaar by Me Gertie Stander. Vir enige navrae, skakel Me Stander gedurende skoolure by (011) 970 2102.

Sover daar vasgestel kan word is die Kempies die eerste skool in die land wat oor sodanige akademiese webwerf beskik.

 

Aan die hoof van die projek staan Me Liz de la Hunt (Adjunkhoof Akademie). Me Gertie Stander is aangestel as voltydse administrateur van die akademiese webwerf.

Voorblad van KAN

.

.