Kuns word op 'n baie hoë vlak by Hoërskool
Kempton Park aangebied onder leiding van Mev. L. Palmer
Die kunsklasse word klein gehou sodat individuele aandag
aan elke leerling gegee kan word. Dit is 'n fantastiese vak
wat elke leerling die moontlikheid gee om as 'n gebalanseerde
individu te ontwikkel.
Nog elke jaar is daar goeie uitslae deur die Kempies
By die Kempies word daar twee hoofrigtings aangebied nl.
visuele kuns en ontwerpkuns.
Die visuele kuns word hoofsaaklik as 'n 8ste vak op 'n dinsdag
en donderdag middag vanaf 14:15 to 16:30 aangebied en dek
komponte soos, skilderkuns & tekenkuns asook teoria werk.
Die leerders kan vanaf Gr 10 ontwerpkuns as vak neem.
Die volgende dissiplenes word in die ontwerpkuns sillabus
gedek:
- Visuele kommunikasiestudies.
- Produk ontwerp.
- Omgewings ontwerp.
Die inhoud behels 2 komponente nl. teorie & praktiese opdragte.
Ontwerpkuns lei tot 'n nuwe wêreld waar leerlinge kan kreatief
wees.
|