Navorsing het bewys dat
leerling kommerwekkende lees- en spelprobleme ondervind wat lei na
potensiële leer- en konsentrasieprobleme en dus in elke vak manifesteer.
Om hierdie probleem aan te spreek, bied Hoërskool Kempton Park twee
leesprogramme in Afrikaans en Engels aan. Lector 2000 asook Leesvreugde
is albei gerekenariseerde programme wat in die skool se leessentrum
aangebied word.
Leesvaardighede word ontwikkel en verbeter. Integrasie van die linker-
en regterbreinfunksies word ingeoefen. Leerders se konsetrasievermoë,
leesspoed en leesbegrip verbeter. Woordeskat en moeiliker spelareas
word ook aangespreek. 'n Verdere voordeel is die akkuraatheid in
Wiskunde en RTT.
Talle tersiêre instellings onderskryf en gebruik hierdie ontwikkelingsprogramme,
waaronder die Noordwes Universiteit, Tshwane Universiteit van Tegnologie
en die Universiteit van Pretoria.
Die inhoud van die program sluit die volgende in:
- Graad 6 - 13 (Afrikaans en Engels).
- Leesspoedtoets.
- 3 Leestegnieke.
- Begripstoets op 3 denkvlakke.
- Spelling- en Woordverklaring.
- Persepsuele lees- en oogopwarmingsoefeninge.
- Volledige verslag.
- Talle toepassingsoefeninge en speletjies.
Graad 8 leerders word aan die begin van elke jaar getoets sodat
probleme geïdentifiseer kan word. Alle Kempies is egter welkom on
enige tyd by die leesprogram in te skakel.
Vir navrae, kontak Me Marie Willemse by (011) 970-2102
|