Mediasentrum

Moeg gesukkel om inligting in die hande te kry? Is jy lus om heerlik met 'n boek te ontspan? Dan is die mediasentrum net die plek vir jou. Ons beskik oor 'n wye verskeidenheid bronne: naslaanwerke, vakliteratuur, tydskrifte en 'n groot versameling verhale. Internettoegang en toegang tot die Kempies Akademies Netwerk (KAN) kan hier verkry word. In die mediasentrum kry jy die geleentheid om ter verryking van vakkennis na DVD's of video's op grootskerm te kyk. 'n Fotostaatmasjiene en drukkers is vir leerders se gerief beskikbaar.

Onthou: Kennis is Mag!