Die
musiekakademie funksioneer al vir meer as 3 dekades tesame met Hoërskool
Kempton Park in dié stad. Deur die jare het talle musiekleerlinge
hul musiekonderrig hier ontvang. Aanvanklik is net klavier, viool en
blokfluit as instrument aangebied, maar met die jare het die akademie
uitgebrei en tans het instrumente soos Dwarsfluit, Cello, ghitaar en
klawerbord bygekom.
Onlangs is individuele sang ook toegevoeg. In ooreenstemming
met die praktiese lesse word ook groepklasse in teorie en
Orff-instrumente aangebied.
Leerlinge word jaarliks aangespoor om deel te neem aan
die kunswedstryd, en praktiese sowel as teoretiese eksamens
word deur Unisa afgelê. Die goed gekwalifiseerde personeel
se harde werk word bekroon met uitstekende resultate. Die
akademie handhaaf 'n hoë standaard en musiekleerlinge
word aangemoedig om deel te neem aand konserte ens. Aan die
einde van elke jaar worn interne eksames afgeneem en sodoende
word verseker dat alle leerlinge behoorlik toegerus is om
aan te skuif na die volgende Trop/Graad.
Graad 7 (Unisa) prakties word as 'n sewende vak vir die
Matriekulasiesertifikaat aangebied. Die vereiste teorie-eksamens
is ook beskikbaar.
Indien leerline slegs les wil neem vir hulle eie plesier
is hulle hartlik welkom. Ons akkommodeer voorskoolse- tot
volwasse leerlinge. Aan die einde van die jaar speel hulle
ook interne eksamnes om sodoende 'n hoë standaard te
handhaaf.
Navrae: Me. Ann Donoghue, (011) 972 2255 / 084 652 8000
of
Hoërskool Kempton Park (011) 970 2102/ Musiekakademie na ure: (011)
970 2102 X 7
|