Uitkomsgebaseerde
onderwys pas Fisiese Wetenskap soos 'n handskoen. Die leerlinge
kry geleentheid om met 'n groot verskeidenheid apparaat te werk en
op 'n ondersoek-basis kennis in te win.
Ons goed-opgeleide personeel begelei jou met vertroue sodat jy
met gemak die apparaat in ons laboratoriums kan gebruik. Op 'n
heerlike "speel-speel" manier ontwikkel ons jou vaardighede,
denke en kennis.
Die wetenskapolimpiade en expo vir jong wetenskaplikes bied leerlinge
jaarliks geleentheid om buite skoolverband te presteer.
Fisiese Wetenskap as vak in Gr. 10, 11 en 12 is noodsaaklik
vir toelating tot 'n groot verskeidenheid studierigtings
nl Gesondheidwetenskappe, Ingenieurswese, Bou-omgewing, Landbouwetenskappe,
Veeartsnykunde ens. Vir enige inligting ka u Me Carstens
kontak by (011) 970 2102
 |
In 2007 spog die Kempies met 'n nasionale expo wenner. In
die energie-afdeling is Danie Malan aangewys as nasionale
wenner. Hy het SA in Swede by 'n internasionale uitstalling
verteenswoordig. |
In 2009 maak die Fisiese- en Lewenswetenskap departemente geskiedenis toe hul die eerste interne Kempie-Expo aanbied. Al die Gr8 en 9 Natuurwetenskap en Gr10 en 11 Fisiese- en Lewenswetenskap leerlinge het hieraan deelgeneem. Daar is ongeveer 700 projekte uitgestal. Modelle, patente, "powerpoint" aanbiedings en illustrasies van hoë gehalte is ten toon gestel.
Twee van die Kempies se Gr8 leerlinge, Sydney du Plessis en Pieter Erasmus het deurgedring na die Nasionale wetenskap expo wat by die Universiteit van Pretoria aangebied is. Tydens die expo het hierdie twee leerlinge 'n goue medalje ontvang vir hul byeverskrikker taak. Die Kempies is baie trots op hulle!
Vanaf 2-5 Augustus 2010 vind die 2de interne Kempies-expo plaas. Die Gr8 en 9 natuurwetenskap leerlinge kan enige model, ontwerp of patent uit die natuurwetenskap voorberei vir die expo. Gr 10 Lewenswetenskap leerlinge en Gr 11 Fisiesewetenskap leerlinge van 2010 kan enige model, patent of ontwerp voorberei vir die expo.
Ons sien weereens uit na 'n spoggeleentheid!
|