RTT en IT

Rekenaartoepassingstegnologie (RTT)

Die vak vervang tik, rekenaartik en rekenaarstudie SG. Die leerders word in Gr.10 die basiese tik vaardighede aangeleer, waarna die fokus verskuif na die aanleer van pakette. Die pakette wat die leerlinge moet kan hanteer sluit in MS Word, Excel, Access en PowerPoint. Hierdie is 'n Gr10-12 vak. Weens die wiskundige inhoud van die sigblad (Excel) en die databasis (Access) is dit belangrik dat die leeder 'n sterk wiskundige aanleg het.

Inligtingstegnologie (IT)

Die vak fokus op programmering, die koderingstaal wat gebruik word is Delphi. Programmering behels die vermoë om probleme op te los en maak staat op die leerder se laterale denk vermoë. Leerders moet annelities kan dink en wiskunde word as 'n keurings kriteria gebruik. Leerders word ook bloot gestel aan Excel en Access. Soos RTT is IT ook 'n keusevak wat vanaf Gr10 to 12 geneem kan word.