 |
| Toerisme in praktyk: Ndumo-projek |
Die Romeine het 'n spreekwoord gehad wat gelui het:
"Join the army and see the world".
Die Kempies sê die volgende:
"Word 'n Kempie en ontdek die wêreld".
Toerisme is die grootste bedryf in die wêreld. Hierdie
bedryf het Suid-Afrika 'n belangrike rolspeler in die krimpende
wêreld gemaak. Die verskeidenheid van die natuurlike
en kulturele erfenis maak hierdie land 'n ideale ekotoerisme
bestemming.
Dit is in hierdie konteks dat die vak Reis en Toerisme 'n
geleentheid aan jong Suid-Afrikaners bied om bewus te word
van die toerismeverskynsel en om daarvan 'n loopbaan te maak.
|