Skoolgelde 2012
Die jaarlikse skoolgeld vir 2012 soos aanbeveel deur die Beheerliggaam en goedgekeur op die ouervergadering van 1 November 2011, is soos volg:
- Met debietorderbetalings:
Enigste kind R10 800. Meer as een kind gelyktydig in Hoërskool Kempton Park, R19 300 per gesin.
- Sonder debietorderbetalings:
Enigste kind R11 300. Meer as een kind gelyktydig in Hoërskool Kempton Park, R19 800 per gesin.
- Korting met eenmalige betaling:
Indien skoolgeld ten volle voor of op 29 Februarie 2012 betaal word, sal 'n 5% afslag toegestaan word.
- Eerste skoolgeld paaiement:
'n Eerste skoolgeld paaiement van R370 per kind vir 2013 is betaalbaar voor of op 7 Oktober 2012
Skoolgeld word gehef vir 10 maande vanaf Januarie to Oktober en is maandeliks betaalbaar voor of op die 7de van elke maand. 'n Gedeelte van die skoolgeldpaaiement per leerling vir die daaropvolgende jaar, word in September van elke jaar gehef. Dit help met die kontantvloei aan die einde van die jaar. Nuwe leerlinge vir Gr.8, asook leerlinge wat inskryf deur die loop van die jaar, betaal 'n eerste paaiement van R350 by inskrywing wat op die rekening verskyn as deel van die skoolgeld. |