Help 'n kind

Millenniumfonds

Gestig deur voormalige voorsitter van beheerliggaam - Mnr. Willem Louw. - 2000

DOEL: Om fondse te werf om leerlinge wat aktiewe, betrokke Kempies is, maar aan finansiële steun 'n behoefte het, hetsy vir klerasie, kampe, toere, psigologiese evaluasies ens. by te staan.

BEHOEFTE-BEPALING: Leerling se gegewens en betrokke behoefte word aan die DSO en Maatskaplike werker deurgegee wat dan in samewerking met die finansiële beampte bepaal of aan die versoek voldoen kan word.

Direkte inbetalings kan gemaak word in die skool se rekening:

ABSA
Tjekrekno.: 260 391 992
Takkode: 334642
Spesifiseer asb. Millenniumfonds
Ter wille van kontrole sal ons dit waardeer indien u ons per e-pos kan verwittig.
Die adres is
kempies@kempies.co.za

Borg 'n kind

Indien u meer betrokkenheid verkies, kan u 'n behoeftige kind borg. Gebruik die onderstaande vorm om u besonderhede aan ons te stuur, en ons sal u kontak met verdere inligting.

Titel: Mnr. Me. Dr. Prof. Ander:
Voorletters:
Van:
Posadres:
Telefoon:
Faks:
E-pos:
 

Dankie vir u gesindheid