Persoonlike Beradingsdiens aan Kempies en hul Ouers


Grootword is soms vir tieners 'n moeilike saak as gevolg van:

  • Die eise en realiteite van die moderne samelewing.
  • Tieners se gebrek aan lewenservaring.
  • Die emosionele gevoeligheid wat kenmerkend is van die adolessente jare.

By Kempies word die emosionele welstand van ons leerders as 'n belangrike komponent van hul aanpassing en akademiese vordering beskou. 'n Gratis beradingsdiens maak deel uit van die pakket wat vir leerders en hul ouers aangebied word.

Kempies asook hul ouers kan gebruik maak van die dienste van 'n maatskaplike werker wat as personeellid elke dag op die terrein beskikbaar is.

Verwysing word deur ouers / onderwysers / ander instansies gedoen, of leerders vra self vir hulp. Persoonlike berading aan ouers asook gesinsberading word aangebied volgens behoefte.

Hulp word verleen ten opsigte van sake soos:

  • Leerder se verhouding tot hom-/haarself (selfbeeld, selfvertroue, selfhandhawing).
  • Interpersoonlike verhoudings (gesins- en vriendskapsverhoudinge).
  • Verwerking van persoonlike trauma en verlies.
  • Emosionele nood en gepaardgaande gedragsprobleme.
  • Effek van geweldsmisdaad (trauma ontlonting).
  • Maatskaplike probleme.

Hoe help ons?

  • Op aanvraag.
  • Hulp word persoonlik of telefonies gegee.
  • Verwysing na ander hulpbronne indien nodig.
  • Vertroulikheid word gehandhaaf.

Navrae: Me Christel Viljoen (011) 970 2102/3