Dwelmbeleid

By Hoërskool Kempton Park word deeglik rekening gehou met die bedreiging wat dwelms vir ons leerders inhou. Daar word gepoog om pro-aktief op te tree ten einde ons leerders te beskerm en in te lig rakende die dwelmgevaar.

Dwelmgebruik word op die volgende maniere by die Kempies bestry:

  • Daar bestaan 'n dwelmbeleid wat op alle ingeskrewe leerders van toepassing is.
  • Leerders word gereeld blootgestel aan feite rondom dwelmgebruik deur middel van kundige sprekers, klasbesprekings, visuele materiaal (DVD's of selfs artikels wat as deel van 'n vraestel aangebied word), plakkate, koerantknipsels, ensomeer.
  • Daar word deurgaans gepoog om leerders te begelei tot die integrasie van persoonlike waardes en die vermoë om groepsdruk te hanteer.
  • Daar word saam met die SAPD en Metro-polisie gewerk.
  • Volgens die dwelmbeleid word geen dwelms op die skoolterrein, by sportbyeenkomste, kampe of enige ander skoolaktiwiteite geduld nie.
  • Ouers / voogde van leerders word gekontak wanneer dwelmgebruik vermoed word.
  • Volgens die dwelmbeleid kan die skool versoek dat 'n leerder dwelmtoetse ondergaan en, indien nodig, by 'n rehabilitasieprogram inskakel.
  • Leerders wat skuldig is aan die verkoop van dwelms, word geskors.
  • Personeel se kennis word opgeskerp met betrekking tot die snel veranderende dwelmkultuur.
  • 'n Kerngroep personeel is opgelei en beskikbaar om leerders wat by dwelms betrokke is, vroegtydig te identifiseer, te verwys vir hulp, en te ondersteun.

Kempies het die hulp en ondersteuning van ons Kempie-ouers en die breër gemeenskap nodig om ons leerders te help beskerm en te beveilig. Enige inligting of hulp sal waardeer word. U is welkom om ons te kontak.

Navrae: Me Christel Viljoen (011) 970 2102/3