Ouerbegeleiding

By Kempies word 'n vennootskap met die ouerhuis as 'n belangrike prioriteit beskou. Ons weet ouers is kinders se primêre opvoeders en daarom wil ons graag ons leerders se ouers / voogde ondersteun en help toerus vir hul belangrike taak.

Driemaal per jaar, gedurende Maart, Mei en September, word daar byeenkomste vir die Kempie-ouers gereël.

U kan die volgende te wagte wees:

  • 'n Lekker ontspanne atmosfeer.
  • Die bespreking van 'n interessante onderwerp deur 'n kundige spreker.
  • Geleentheid vir vrae.
  • Die byeenkomste is gratis.
  • Die byeenkomste is spiesiaal vir ons ouers en nie vir die leerders nie.
  • Ouers is welkom om vriende of ander belangstellendes saam te nooi.

Hou Kempies se webwerf en die Kempie Klets dop vir inligting oor toekomstige byeenkomste, of skakel Me Christel Viljoen (011) 970 2102/3