ACSV (Kempies for Christ)

Die ACSV (interkerklike organisasie) se naam by die Kempies is KFC - "Kempies for Christ"

Ons kom elke Maandag gedurende eerste pouse bymekaar, waar ons tema's hanteer wat tieners raak. Die KFC is ook betrokke by 'n liefdadigheidsprojek per kwartaal wat deur Me. M Joubert gereël word.

Ons as Kempies sing heerlik saam, groei geestelik en maak 'n verskil in die skool en gemeenskap.

Jy word hartlik uitgenooi om jou gawes en talente saam met ons te kom uitleef by die Kempies.