 |
Dominique Burger het in 2007 aan die landswye Idols Kompetisie
deelgeneem en uitsonderlik presteer. Dominique het onder die
laaste 14 deelnemers geeïndig. Die blootstelling aan die
kompetisie was vir haar uiters waardevol gewees. |
2006
Die Kultuurkomitee
van die VLR het in 2006 weer Idols aangebied. Meer as 75 leerders
het ingeskryf. Die finaal is voorafgegaan deur drie uitdun-rondtes.
Daar is van vier beoordelaars gebruik gemaak wat almal by al die
rondtes en finaal beoordeel het.
Jak de Priester was die gaskunstenaar tydens die finaal.
Hy het 'n ongelooflike vertoning gelewer wat ons lank sal onthou.
Die wenners was: 1ste-Marissa Vermaak, 2de-Furter Buys en 3de-Dominique
Burger
Die deelnemers het wonderlike pryse ontvang van ons borge. Ons gasheer
en gasvrou vir die aand was die Kultuur hoofleiers, Elani en Jacques.
Kempie Idols was weer eens 'n top geleentheid wat geleenthede geskep
het vir ons leerlinge met buitengewone sangtalent.
|