Een van die grootste en lewendigste kultuuraktiwiteite by Hoërskool Kempton
Park is die kunswedstryd.
Baie leerlinge neem jaarliks aan die Kunswedstryd deel. Kempies neem
deel aan Afrikaans-, Engels- en solosangitems. Daar is ook die groepitems
en tonele waar ons leerlinge geleentheid kry om hulle besondere talente
ten toon te stel.
Kempies presteer puik en ons spog met vele afdelingswenners en itemwenners.
So kan ons die afgelope 2 jaar ook die algehele wenner van die Kempton
Parkse Kunswedstryd in ons skool gelukwens.
In 2009 was drie van ons Kempies afdelingswenners. Daar is nie minder as sewe afdelings gewen. Voorwaar 'n puik prestasie.
Dus 'n geleentheid wat jy nie moet misloop nie. Kom meld julle aan
en word deel van hierdie wengroep by die Kempies. |