 |
Landsdiens behels aktiwiteite soos "abseiling", rotsklim,
grotkruip, kanovaart, skyfskiet, perdry, en nog meer vir avontuurlustiges.
Leerlinge kan klubkampe, streekkampe en nasionale kampe bywoon.
Tydens nasionale kampe kry lede blootstelling aan kinders van
ander lande wat as gaste genooi word
en hier in Kempton
Park bied nét Kempies Landsdiens aan! |
In 2005 is agt van ons leerlinge gekies om nasionale kampe
by te woon. In 2005 het ses van ons leerlinge die Springbok
Toekenning ontvang. Ons het reeds twee leerlinge wat op nasionale
kampe as kampleiers gekies is, waarvan Cornell Grove twee
keer as nasionale leier aangewys is. In 2005 het die Landsdiens
en Kempies 1000 van 25 000 teddiebere gebrei vir minderbevoorregte
kleuters.
2006 was ses leerlinge gekies vir Nasionaal.
Wille Jansen het 'n Springboktoekenning ontvang. 2006 was
die jaar waarin ons handpoppe gemaak het vir 4500 leerlinge
van 45 kleuterskole. Die handpoppe word gebruik om lewenswaardes
aan kleuters te leer.
2007 het ons die handpoppe aan SANRA Wes-Rand oorhandig
gedurende die April-vakansie. Ons het sop, waslappies en
sepies bymekaar gemaak vir die 45 kleuterskole. Ons het konfyt ingesamel tydens ons "Jam Rally"
om 'n ou soetigheidjie vir hierdie kinders te gee. 
Hierdie jaar is vier leerders gekies vir Nasionaal; en twee
van ons leerders nl Willandri Louw en Corlia du Toit ontvang
Springboktoekennings.
2008 het ons nog 30 handpoppe maak. Ons het ook om "scapbooking"
te doen. 3 leerders is gekies vir die Nasionalekamp en Melissa Booyens ontvang 'n springbok toekenning.
In 2009 is ons besig om papierpoppe te maak vir SANRA Wes-Rand. Ons het met Kempie-Klop gesigte geverf om geld in te samel. Eduan de Witt ontvang die Springboktoekenning vir Landsdiens.
|