Shongololos
Lus vir "vakansie" in skooltyd? Dan is die Shonghololo Avontuur- en Stapklub net die plek vir jou!

Ons kuier oral in die mooi natuur, loer by grotte in, swem in al wat 'n waterval en swemgat is, loop terug op die spore van ou dwelwers en Voortrekkers in ons geskiedenis en maak Suid-Afrika se natuurerfenisse 'n belewenis.

Daar is vir almal iets - buiten staptogte bied ons ook die ervaring om opleiding in abseiling en rotsklim, kanovaart, seiljagvaart, seilplank, skubaduik en vele meer, te ontvang.

Ons groot ideaal is om al ons wêrelderfnisgebiede te besoek. Jaarliks pak ons iets nuuts aan en vorm selfs deel van padwedlope vir medaljes. Ons lei stapleiers op, gee prestasietoekennings - soms nooi ons vir Ma en Pa ook saam!

Kom maak 'n draai by ons - daar's 'n "gaatjie" net vir jou!