Die "Veg vir Vym" kompetisie van hierdie jaar was weereens 'n reuse sukses. Die Kempie-talent is verstommend. Daar is gedans, gesing en toneelgespeel.
Baie geluk aan al die deelnemers, julle het ons werklik verras. Ons gaskunstenaar was die bekende "Idols" wenner: Dewald Louw. Wat 'n vertoning - Baie dankie Dewald.
Ons wenners was soos volg:
1ste: Geroldi + Rosie - "Flight 122" 2de: Decoy - Hip Hop 3de: Emma - Solosang
Ons sien baie uit na die VVV van 2010. Dit gaan 'n groot jaar wees.
|