Ons Leiers

Hoërskool Kempton Park het in 1998 by die nuwe wetgewing en vereistes vir RSC of VLR wat deur die Gautengse Onderwysdepartement vereis word, aangepas. Ons VLR is verteenwoordigend van leerders vanaf Gr 8 - 12 en word as volg verkies en saamgestel:

Gr 8 en 9
Drie verteenwoordigers in elke voogklas met totaal 'n van +/- 60 (afhangende van die hoeveelheid voogklasse). Die verteenwoordigers word deur die leerders self aangewys. Hulle staan bekend as die junior VLR en word aan die begin van die nuwe jaar - na die Graad 8 kamp verkies. Na 6 maande vind daar weer 'n verkiesing plaas. Hulle pligte is hoofsaaklik administratief van aard en om as hulp te dien vir voogonderwysers met betrekking tot aanwesigheid, skoolversuim van leerders ens.

Die juniorraad skakel ook in by die senior VLR en werk as volg:
Die Gr 8-VLR is betrokke by die kultuurkomitee en word daar by aktiwiteite betrek soos later uiteengesit.
Die Gr 9-VLR is betrokke by die sportkomitee en word daar by sportaktiwiteite betrek.

Senior VLR
Die senior VLR bestaan uit GR 10, 11 en 12 leerders en bestaan uit die volgende groepe:
Gr 10: 30 per graadgroep
Gr 11:30 per graadgroep
Gr 12: 40 per graadgroep wat die 8 hoofleiers insluit.

Die leerders is as volg betrokke by skoolaktiwiteite:

Die VLR bestaan uit vier komitees nl leierskap, akademie, sport en kultuur.
Die Gr 10's dien op die akademiese komitee in totaliteit.
Die Gr 11 en 12 VLR-lede kies by watter komitee hulle werksaam wil wees. Getalle word gemanipuleer sodat die komitees elk ewe veel lede het. Elke komitee se pligstaat word later uiteengesit. Elke komitee het dan 'n voog en twee hoofleiers wat die komitee se werksaamhede koördineer.

Leierskapontwikkeling

LeierskapDie volgende graadgroep kry deur die jaar geleentheid om aan leierskapontwikkelingsprogramme deel te hê, naamlik:

Gr 8: Kenmekaar Kamp
Gr 9: Avontuurkamp
Gr 10: Leierskapontwikkelingskamp

   
Leierskap Waarheen? Is jy die volgende Bill Gates?
Leierskap Leierskap
Om die beste in jou te ontwikkel Kempies skep geleenthede

VLR
Leierskap

Elke jaar word senior VLR-lede tydens 'n VLR-kamp opgelei, waar alle aspekte van leierskap behandel word.


Leierskap

Aan die hoof van die VLR staan agt hoofleiers waarvan die hoofseun en hoofdogter die leierskapskomitee bedryf. Daar is ook 'n komitee vir sport, kultuur en akademie. VLR-lede is ook verantwoordelik om aktiwiteite soos die Valentynsdans, gholfdag, "Idols" en "Veg vir Vaam" aan die leerlinge te bied.

'n Dinamiese groep leerlinge vir die Kempies, deur die Kempies verkies.

Pret en plesier is altyd deel van ons kampe.