ATKV-leierakademie

Die ATKV begin vanaf 2009 'n leierakadmie by slegs 5 skole in Gauteng. H/s Kempton Park is een van die spesiaal uitgesoekte skole waarby hierdie opwindende nuwe projek geloots word.

Vir die ATKV is die Afrikaanse taal, kultuur, kennis en kreatiwiteit 'n onmisbare deel van 'n suksesvolle Suid-Afrika. Die ATKV se Instituur vir Jeugontwikkeling begin 'n leierakademie as deel van H/s Kempton Park se buitemuurse aktiwiteite. Die program behels dat 'n leerder inskryf en hom daartoe vebind om die klasse oor 'n tydperk van 30 weke by te woon. Die program het ten doel om die volgende by jongmense te ontwikkel:

  • Emosionele intelligensie
  • Loopbaanoriëntering
  • Entrepreneursingesteldheid
  • Lewensvaardigheid
  • Leierskapvaardigeid
  • Blootstelling aan buitelugervarings

Onderwerpe wat tydens 2009 se leiersakademie op 'n praktiese wyse met die leerders behandel sal wod is onder andere:

  • Denkpatrone
  • Kommunikasie
  • Besluitneming
  • funksionering as 'n span
  • Konflikhantering
  • Lokus van kontrole
  • Openbare optrede
  • Bestuur van verandering
  • Strategiese beplanning
  • Ontdek jouself
  • Motivering
  • Persoonlike missie, visie en doelwitte
  • Tydsbestuur
  • Vergaderingsprosedure
  • Probleemoplossing
  • Projekbestuur

Ons wil graag met hierdie program positiewe jongmense kweek en ontwikkel wat 'n positiewe groepsdruk van graad 8 af in die skool kan uitoefen, en by skoolverlating geslyp is as mense en leiers vir die toekoms. Leierskap word op hierdie manier 'n lewenswyse.