Kempies se Skatkis - "Sien
is Glo"
Beslis baie meer as 'n tradisionele
skoolrestaurant. Kempies
se restaurant is ten volle toegerus om ongeveer 80 gaste gemaklik
te onthaal. Dis baie stylvol met 'n kaggel vir snoesige wintersaande.
Daarmee saam het ons langs die restaurant 'n uitstekende lapa met buitelug braaigeriewe vir ongeveer 120 persone, vir 'n meer gemaklike, minder formele kuier funksie.
Die fasiliteite leen dit daartoe vir formele
en informele groepfunksies. Kempies ontvang hier professionele opleiding
volgens hotelstandaarde in voedselvoorbereiding en -aanbieding,
kelnervaardighede en kroegorganisasie.
Spandeer 'n genotvolle aand met keurige
voedselbediening, 'n gesellige atmosfeer en rustige musiek in die
eksklusiewe restaurant.
Navrae en besprekings kan gerig word aan:
restaurant@kempies.co.za of yvanstaden@kempies.co.za |