Gimnastiek


Gimnastiek - Koningsport!

By Kempies kan jy Dubbelmini, Mini-trampolien, Artistiese gimnastiek en Ritmiese gimnastiek op klubvlak beoefen - die enigste skool wat dit op hierdie vlak aanbied. Jy is baie welkom, selfs al het jy nog nooit daaraan deelgeneem nie.
Ons seuns en dogters presteer pragtig op streek- en nasionale vlak en verskeie SA-kampioene kom uit Kempiegeledere. Met hoogsgekwalifiseerde afrigters en beoordelaars, is die vooruitsigte op toere en kampe 'n werklikheid.

In 2003 behaal 13 gimnaste die Top 10 in hul afdelings by die SA kampioenskappe. Ons gimnaste spog met 32 goue, 25 silwer en 26 brons medaljes, en lewer 2 nasionale kampioene.

2004 was geen uitsondering nie. Die span het aangegroei tot 54 lede waarvan 30 provinsiale kleure verwerf het en Gauteng tydens die SA kampioenskappe verteenwoordig het. Hier bring die Kempies 1 SA-kampioen, 8 silwer medaljes en 2 brons medaljes huis toe! Beslis 'n wenspan.

2005 en 2006 was geen uitsondering nie en spog die Kempies met o.a. 2 SA-kampioene nl Claudette Wehmeier en Quintin Engelbrecht.

In 2007 bly die Kempies op 'n kruin en behaal in Ritmiese gimnastiek die prestasie dat 12 uit die 22 Oos-Gautengspanlede vir SA's, Kempies is. Monique Muller presteer besonder goed en verower 'n silwer medalje. In totaal verwerf 29 Kempies provinsiale kleure en 27 word ingesluit in die Oos-Gauteng- en Gautengspanne wat aan die SA-Kampioenskappe deelneem. Vanjaar verower die Kempies 7 goue, 10 silwer en 12 bronsmedaljes. Tiaan Venter word aangewys as SA- kampioen in Dubbel-mini.

Kempies is net die plek om jou gimdrome waar te maak!