Jukskei: Waar ons kan raak gooi!
Wenners van Direkteurstrofeë : 1999!
Wenners van Oos-Gauteng Liga: 2006!

Baie leerlinge dink Jukskei is net vir ou mense en sissies, maar eintlik is Jukskei 'n baie sosiale sport – die hele gesin kan daaraan deelneem!
Die Kempie Jukskeispanne het weer hierdie jaar besonder goed presteer.

Die dogters O/19-Span het 'n 4de plek behaal na afloop van die ligawedstryde. Michelle Botes en Chantelle Lind is verkies tot die Oos-Gauteng Junior Jukskeispan. Michelle as lid van die O/14B-Span en Chantelle as lid van die O/19 B-Span.

Kom sluit gerus aan by die Jukskeispan. Oefening begin die 2de kwartaal en wedstryde word in die 3de kwartaal gespeel. Sien jou daar!