Kempies spog vanjaar weer met 3 ringbalspanne in die liga. Die 2de dogterspan eindig 2de in hul liga. Die 1ste dogterspan en die 1ste seunspan tree as naaswenners uit die stryd in die provinsiale liga.
14 Kempies word vir die provinsiale spanne gekies en neem van 29 September - 2 Oktober deel aan die nasionale skole-toernooi in kroonstad. 2 Van ons Kempies verwerf hul nasionale kleure: Rihandi Stander (D O/15) en Amecia van Coppenhagen (D O/17), Amecia sal ook aanstaande jaar 'n toer na Namibië meemaak om die sport daar verder te ontwikkel en te bevorder. Sterkte. |