|
Sedert 2008 staan Kempies verseker as een van die krieketreuse in die Oos-Rand bekend. Vier van die sewe spanne speel in hul onderskeie finale, met beide die eerste en die O/14B-spanne wat as wenners uit die stryd tree. Vier van 2008 se eerste span sterre was vir die onderskeie provinsiale spanne gekies. Hulle is Hendri Van Dyk (O/15), Greg De La Hunt (O/18), Andrè Henning (O/18) en Clayton Ceronio (O/19).
In 2009 het Kempies weereens van hom in die Easterns liga laat hoor. Kempies is die enigste skool waar al sewe spanne vir die halffinaal kwalifiseer - voorwaar iets om op trots te wees.
In 2010 het Kempies in die halffinaal van die Easterns Pro 20-reeks verloor. Dit is die eerste keer dat diè reeks aangebied word en Kempies het gewys dat hy nog diep spore in hierdie reeks gaan trap.
Beide die O/15A en 1e spanne het Kempies met trots die afgelope paar jaar in die Super 12 verteenwoordig. Die Super 12 bied uitstekende voorbereiding vir die onderskeie ligas later in die jaar, aangesien jy jouself weekliks teen die bestes in vyf van die verskillende provinsies meet.
Kempies is ook trots om vir Ryan Bond, Armin DuVenage en Divan Stander geluk te wens met hul insluiting in die Ekurhuleni O/15-klubspan (2010).
| Eerste Krieketspan - Easterns wenners 2008: |
 |
|