Landloop Algemeen

Geborg deur - New Balance Suid - Afrika

“ Kempies is waar middelafstande- en landloopatlete ongekende hoogtes bereik want hulle glo in hulself en aanvaar uitdagings aan”

Noordvaal Finaal Trofee - Dogters Wenners 2008

Die Kempies neem deel aan die landloop reeks vanaf 2003 met besondere goeie welslae

2003 - Dogters 5de
2004 - Dogters 3de/Seuns 7de
2005 - Dogters 2de/ Seuns 2de
2006 - Dogters 2de/ Seuns 2de
2007 - Dogters 2de / Seuns 3de
2008 - Dogters Wenners / Seuns 3de
2009 - Dogters 3de / Seuns 2de

Jaarprogram 2010

Jaarprogram Landloop vir die 2010 Seisoen Program (Adobe Reader)

Kempies het sy eie Landloop & Atletiek Klub

Noordelike Provinsies Finaal (Direktreurstrofee)
2003 -2010 Seuns & Dogters Top 3 Laaste 8 jaar Seuns en Dogters Spanne

Junior Dogters Noordelike Provinsie (Direkteurstrofee) Finaal Wenners 2006 & 2007. Senior Dogter Noordelike Provinsie (Direkteurstrofee) Finaal Wenners 2009
Puk Prestige Wenners 2006 – 2007 : 2 Jaar agtereenvolgens - Junior Dogters, Senior Dogters, Junior Seuns, Senior Seuns
9 Atlete eindig onder die Top 7 tydens die SA Kampioenskappe 2009
SA Wenners – Pieter Wilders, Anelda Pypers, Anneke Gildenhuys (2009)
12 Atlete na SA - 2009
24 Atlete in D17 landloop span na GISSA 2009
2de jaar Mede Wenners Kempies Landloop Aflos byeenkoms saam met H/S Vorentoe 2007 en 2009
4 Atlete in ASA SA span Maryke Rossouw, Anneke Gildenhuys, Ashleigh Schnetler en Pieter Wilders (2005 – 2010)
3 Atlete studeer met beurs aan Amerikaanse Universiteite Maryke Rossouw (Universiteit van Tulsa 2006 - 2007) & Pieter v/d Westhuizen (Universiteit van Nebraska- 2005 - 2007) Erwin Scmidt (Universiteit van Nebraska 2006 - 2007)
1 IAAF 5(Kenia 2001 & 2007) Afrigter Middelafstande , Langafstande & Landloop J.J. Smith

SA Seniors in oefengroep onder andere Elaine du Plessis, Mandie Brandt, Anelda Pypers, Chanelle Olivier, Keith Freimond, Henrik van Staden, Ashleigh Schnetler

Kempies ondersteun gemeenskap met Kempies Junior Atletiek/Landloopklub

Kempies presteer hulle uit in landloop & middelafstande in Ekuhurleni (Oos Rand ), Gauteng ,Suid – Afrika en Internasionale vlak die afgelope 10 jaar agtereenvolgens met skitterende uitslae in Suid - Afrika

JAARLIKSE OEFENKAMP (Julie) TE SABIE OMGEWING

Jaarliks neem ons ongeveer 40 atlete op ‘n oefenkamp wat insluit avontuur uit die boonste rakke. Ongelukkig word jy gekeur volgens jou :

* Toewyding gedurende die seisoen

* Melewendheid t.o.v ander atlete

* Doelgerigtheid

* Dissipline in oefening op en van die baan af

* Akademiese vordering gedurende die jaar (Of jy volhard)

Ons neem deel aan aktiwieteite wat jou hare sal laat regop staan bv. Bungee jumping, King Swing, bergklim, Vroeë oggende en aande in die bergrivier ontspan, Staproetes, oefen in die plantasies,geestelike voorbereiding , Riverrafting ,Foefie, Upsailing en natuurlike elke jaar is daar verrassings. Ons bly teen die voet van die berg en leer sommer volley ball , Sokker speel ens

Ons sluit die oefenkamp af met ‘n 5 km of 10 km Padwedloop in Nelspruit wat die toewyding beloon. Ons leer mekaar nog beter ken, die 10 dae gee jou kans om jouself te ontdek.

Ekurhuleni-Noord UITSLAE 2009

Wenners in Distrik D17

0/15 Dogters - Doricia le Roux
0/16 Dogters - Estie Brits
0/17 Dogters - Anneke Gildenhuys
0/19 Dogters - Anelda Pypers
0/14 Seuns – Tiaan Jacobs
0/17 Seuns – Michael van Aswegen
0/19 Seuns - Pieter Wilders

 

Die volgende Kempies is ingesluit in die Ekurhuleni-Noord landloopspan .

Juniors Dogters

Monique Stander, Marelie Louw, Nicole Strydom, Chanelle Potgieter, Suebyda Maloise, Doricia le Roux, Danelle Ootshuizen, Chante Kloppers, Annah Makwena, Andrea Mouton

Senior Dogters

Estie Brits, Marli van Staden, Anneke Gildenhuys, Ashleigh Schnetler, Anelda Pypers, Renate Rossouw, Anuschka Nice

Junior Seuns

Tiaan Jacobs, Mikey Goosen, Renier Horak, Chris Swanepoel, Tiaan Botes

Senior Seuns

Marchell Oothuizen, Hans Gildenhuys, Micheal van Aswegen, Pieter Wilders, Micheal du Toit


JEUG ONTWIKKELING “Genot is die belangrikste”

Verskeie laeskool atlete van die ouderdom vanaf 12jaar oefen in die 14h00 middag groep en behaal sukses . Verskeie laerskole neem deel L/S Kruinsig, L/S Edleen , L/S Rynfield, L/S Impala , L/S Concordia , L/S Birchleigh ens.Afgerig deur Lelanie van Wyk.

Jeugkamp Julie (Sabie) 2010

Jaarliks neem ons ongeveer 30 laerskool atlete na die sabie omgewing. Ons besoek die "Misty Mountains" staproete, Sabie Grotte en watervalle in die omgewing. Ons sluit die kamp af met 'n nagmars na die "Bridal Vale" waterval.

Nasionale deelname :

Verskeie atlete neem deel aan die SA Kampioenskappe met Ashleigh Schnetler (Nasionale Span), Anuschka Nice (SA’s 3de) aan die voorpunt van puik uitslae

Atlete na die SA Kampioenskappe :

  1. Ashleigh Schnetler
  2. Anuscha Nice
  3. Letitia de Beer
  4. André Olivier
  5. Michael v Aswegen
  6. Michael du Toit
  7. Anneke Gildenhuys
  8. Locilda Grobler
  9. Anelda Pypers
  10. Esti Brits
  11. Chris Swanepoel
  12. Micheal du Toit
  13. Monique Stander
  14. Tiffany Bell
  15. Sune Jonker

SA MEDALJES LAASTE 5 JAAR

  1. Anuschka Nice
  2. Renate Rossouw
  3. Maryke Rosouw
  4. Pieter v/d Westhuizen
  5. André Olivier
  6. Locilda Grobler
  7. Anneke Gildenhuys
  8. Michael v Aswegen
  9. Henry du Plooy
  10. Pieter Wilders
  11. Anelda Pypers
  12. Micheal du Toit
  13. Tiaan Jacobs

Nasionale atlete in SA Span :

Ons het 4 atlete die afgelope 6 jaar gehad: Maryke Rossouw (2005) en Ashleigh Schnetler (2008,2009,2010), Anneke Gildenhuys (2009), Pieter Wilders (2010)

Atlete studeer aan die Buiteland met Atletiek Beurse :

Tans studeer daar 3 atlete aan Amerikaanse Universtiteite. Kempies atlete word baie gesog in die buiteland met hulle voortreflike standard in atletiek asook goeie akademiese vordering

  • 2005 – 2008 Peter v/d Westhuizen ( University of Nebraska)
  • 2007 – 2008 Erwin Scmidt (University of Nebraska)
  • 2007 – 2008 Maryke Rossouw (University of Tulsa)

JJ Training Group

Onderleiding van JJ Smith oefen van Suid-Afrika se bestes by die Kempies, onder andere Elaine du Plessis SA Vroue 4km Kampioen, Mandi Brandt Medalje Wenner 4km Vroue, Chanelle Olivier, Anelda Pypers 2010 SA Kampioen, Ashleigh Schnetler SA Span, Anneke Gildenhuys SA Kampioen en Pieter Wilders SA Wenner.

Afrigters

Die Afrigters wat die Kempies help tot die groot sukses is :

  • Marius van der Watt (Nasionale / Internasionale Afrigter) bv. SA Top 3 Anuschka Nice
  • Glen v/d Westhuizen (Nasionale Afrigter) bv. Peter v/d Westhuizen
  • JJ Smith (Nasionale & IAAF 5 (Kenia) Afrigter – Skole afrigter) bv. Maryke Rossouw, Ashleigh Schnetler, Elaine du Plessis (SA span ens) en word bygestaan as hulp afrigter Lelanie van Wyk.

KEMPIES NEW BALANCE ATLETIEK KLUB

Kantoor : Kempies Sportburo
Voorsitter : Mnr. J.J. Smith
e–pos : jecj@netactive.co.za
Faks : 086 684 2359
Tel : 011 – 970 2101

Sekretaresse : Ansie Gildenhuys
Sel no : 082 576 7861
Faks : 011 972 3940