Kempies Netbal - Mik steeds hoër!

Nasionale Speelsters

Die Kempies se trots is dat ons gedurende 2002 - 2004 vyf keer dogters gehad het wat junior Springbokkleure verwerf het.

In 2002 verwerf Sulani Stander en Ilzeri Brits Nasionale kleure. In 2003 en 2004 verwerf Ilzeri weer Nasionale kleure. In 2005 verwerf Maryka Holtzhauzen Nasionale kleure. In 2006 word Maryka as 19-jarige student ingesluit in die senior Protea oefengroep. Voorwaar 'n groot prestasie vir die oud-Kempie. In 2006 word Ilzeri by die SA vrouetoernooi aangewys as beste middelbaanspeelster in SA. Sy word ook vir die SA O/21 span gekies in 2006.

Provinsiale Speelsters

Vanaf 2004 - 2009 is daar 33 dogters wat provinsiale kleure in netbal verwerf het:

2004

  • Leanie Oberholzer
  • Chanaix Nice
  • Ilzeri Brits
  • Lorraine van Niekerk
  • Maryka Holtzhausen
  • Simonè Potgieter
  • Mari Laubser

2005

  • Leanie Oberholzer
  • Rozanne du Toit
  • Erika van den Berg
  • Simonè Potgieter
  • Chaniax Nice
  • Maryka Holthauzen (Oos-Gauteng)
  • Talita Lombard (Oos-Gauteng)

2006

  • Leanie Oberholzer (Kaptein Gama)
  • Chanaix Nice
  • Johanna Lerumo
  • Talita Lombard (Oos-Gauteng)

2007

  • Amelia Nienaber
  • Anri Steyn

2008

  • Anri Steyn (GSS)
  • Melanie Markram (GSS)
  • Adelle van den Berg (Oos-Gauteng)
  • Rose-Marie Behr (Oos-Gauteng)
  • Simoné Theron (Oos-Gauteng)
  • Locilda Grobler (Oos-Gauteng)
  • Cindy van Pletzen (Oos-Gauteng)
  • Berné Theron (Oos-Gauteng)

2009

  • Lorraine Snyman (GSS)
  • Adelle vd Berg (GSS)
  • Locilda Grobler (GSS)
  • Megan Kloppers (Oos-Gauteng)
  • Mariska Latsky (Oos-Gaiteng)

Kempie afrigting

Die afrigters en dogters bly op hoogte met die nuutste afrigtingstegnieke deur kursusse by te woon. Ons is vanaf 2006 in die bevoorregte posisie om van Elsje Jordaan (links) 'n voormalige Springbok-speelster, se dienste by die skool gebruik te maak. Ons begin reeds die eerste week in Oktober met die voorseisoen oefening en, waar ons ook die laerskole se gr.7 - leerlinge gaan betrek. In die af-seisoen gaan daar gekonsentreer word op vaardigheid, fiksheid en speelstyl.
Me Sharon Nel het by die 2008 SA Kampioenskappe die hoogste gradering gekry nl. 'n A-gradering. Daar is vanjaar 3 A-graderings toegeken. Hierdie gradering word slegs deur 15 skeidsregters in Suid-Afrika besit. Met 'n A-gradering kan 'n skeidsregter gevra word om 'n intenasionale wedstryd te skeidsreg.

Afrigtingskursusse

Die Kempies woon gereeld afrigtingskursusse en toernooie by. Die O/18A span het 'n baie suksesvolle toer na Stellenbosch onderneem. Die O/16A en B spanne het 'n toernooi by Sun City bygewoon, waar die A-span ook as wenners aangewys is. Die O/15 spanne het 'n spanboukursus gehad en die O/14 A span het Sportissimo se kursus bygewoon. By bogenoemde kursusse word daar aandag gegee aan die ontwikkeling van vaardighede en leierseienskappe en die vaslegging spelpatrone.

Spanprestasies

In 2002 was die O/16-span Suid-Gauteng wenners en dring deur na die kwartfinaal van Noord van die Vaal. Die O/14A span is Suid - Gauteng wenners en dring deur na die finaal van Noord van die Vaal. Die 1ste span dring ook deur na die Suid - Gautengkampioenskappe.

In 2003 het vier van die vyf A-spanne deurgedring na die Suid-Gautengkampioenskappe, nl O/14A, O/15A, O/17A en die 1ste span. Die O/15A en die O/17A spanne dring deur na die Noord van die Vaal-kompetisie. Die O/15's kom 4de en die O/17's 2de.

In 2004 speel nege van die tien spanne in die 2de rondte van die D6- finaal. By die finale uitspeelrondte het ons O/16B en O/19B spanne algeheel 2de gekom. Ons O/16A - span en die 1ste span was algeheel 1ste by die D6-finaal. Die 1ste span vaar uitstekend deurdat hulle die Super 16-wenners, nl Marais Viljoen gewen het. Die twee spanne dring deur na Noord van die Vaal, waar hulle tot by die kwartfinaal vorder.

In 2005 kom ons O/14A span 2de in die D6-finaal, asook ons 1ste span. Ons O/19B span eindig 2de, O/14B - 3de, O/16A - 5de en O/17B - 3de. Die O/14A span en 1ste span dring deur na die Suid-Gautengkampioenskappe.

In 2006 dring sewe van die tien spanne na die ligawedstryde deur na die D6-finaal, nl O/14B, O/15A, O/16B, O/17B, o/19B en ons 1ste span. Die O/16C-span het eerste in hul liga geeïndig..

In 2007 het al vyf Kempies se A-spanne het na die D6 uitspele deurgedring, asook die O/14B, O/15B, O/16B. Die O/14A, O/14B, O/15B en O/16B dring deur na die semi-finaal va D6. Die O/14A en O/16A spanne kom 3de by die D6-finaal en die O/15B span is D6 wenners.

In 2008 het die Kempies vir die eerste keer aan die Nu Power / Tuksreeks deelgeneem en het algeheel 'n tiende plek gekry. Drie van die spanne (O/14A, O/15A en O/16A) het aan die GSS toernooi deelgeneem. Tydens die meriete aan word die O/16A span as die span van die jaar aangewys.

In 2009 eindig die Kempies vyfde in die Nu Power / Tuksreeks met die O/18A span wat in die tweede posisie eindig. Ons het ook vanjaar aan die Superliga deelgeneem. Daar het weer drie spanne (O/14A, O/15A en O/17A) aan die GSS kampioenskappe deelgeneem. Die O/14A span het vanjaar met die kroon as die beste span weggeloop. Hulle eindig eerste in die superliga.

Afrigters 2010

O/14A Me R Oosthuizen
O/14B Me M van Schaik
O/15A Me J Roodt
O/15B Me L Senekal
O/16A Me S Grobler en Me P Burger
O/16B Me J Muller
O/17A Me A du Plessis
O/17B Me J Diedericks
O/19A Me S Nel
O/19B Me J Diedericks