Kempie Rugby: Trotse Tradisie, toekomsgerig!


1987:

1ste Span: Direkteurstrofee half finaal

1989:
1ste Span: Direkteurstrofee wenners

1993:
1ste Span: Direkteurstrofee naaswenners

2003:
O/14A-Span: Beeldtrofee naaswenners

2004:
O/14A-Span: Beeldtrofee half-finaal
O/15A-Span: Beeldtrofee kwart-final

2005:
O/16A-Span: Beeldtrofee wenners

2007:
O/14A-Span: Beeldtrofee kwart-finaal
O/15A-Span: Beeldtrofee kwart-finaal
O/16A-Span: Beeldtrofee half-finaal
1ste Span: Beeldtrofee kwart-finaal
Kempies verower die trofee vir die beste rugbyskool in NWU-Prestigereeks

2008
O/14A-Span: Beeldtrofee half-finaal
O/16A-Span: Beeldtrofee kwart-finaal
1ste Span: Beeldtrofee naaswenners:

2009
O/14A-Span: Beeldtrofee kwart-finaal
O/15A-Span: Beeldtrofee half-finaal
O/16A-Span: Beeldtrofee half-finaal
1ste Span: Beeltrofee kwart-finaal

Kempie Rugbytradisie:

Kempies het deur die jare al verskeie Springbokke opgelewer onder andere Jannie Breedt en Danie van Schalkwyk. Jannie Breedt was die Springbokkaptein teen die Wêreldspan in 1989. Danie van Schalkwyk en Herman Muller is gekies vir die SA-Akademiespan in 1993 en 1994 onderskeidelik.

Sedert 2004 het die 1ste span 'n trotse tradisie om hul spelers te "Cap". Saam met die bloktrui is dit die droom van menige Kempie rugby Spelers.

2009-Rugbyseisoen

Die 2009-rugbyseisoen was 'n fenominale sukses.

Kempies neem vanjaar vir die tweede keer aan die NuPower/Tuks-reeks deel en behaal 'n algehele sewende plek

Kempies se eerste span het die trotse rekord om sedert 2001 onoorwonne teen Jeugland te wees. Boonop het die eerstes Jeugland vanjaar drie keer oortuigend geklop.

Al 13 spanne kwalifiseer vir die Valke half-finaal. 9 van die spanne speel in die Valke-finaal, waarvan die O/14A, O/15A en die O/16A-spanne as wenners uit die stryd tree.

Kempies is die enigste Makroskool in die Valkestreek, waarvan al vier Beeldtrofee spelende spanne in die Valke Finaal speel. Al vier bogenoemde spanne het ook vir die Beeldtrofee kwartfinaal gekwalifiseer.

Die O/15A en die O/16A-rugbyspanne kwalifiseer albei vir die Beeldtrofee half-finaal.

Kempies het vanjaar die voorreg gehad om op Saterdag 25 Julie 2009 die Valke Finaal vir makro, groot, medium en klein skole ligas aan te bied. Soos gewoonlik was die aanbieding 'n reuse sukses waarop Kempies baie trots kan voel.

Kempies lewer vanjaar 10 provinsiale spelers in die senior groep, asook 10 in die O/16-groep op. Wian Lamprecht, Ryan Louwrens en Ryan Wells verteenwoordig die Valke by die Cravenweek, terwyl Tiaan Benadè, Vincent Hulk, Stephan Van Rooyen en Dennis Visser die Valke by die O/16 Grant Khomo-week verteenwoordig.

Meneer Dawie Diedericks verteenwoordig Kempies met trots as afrigter van die Valke O/16 Grant Khomo-span in 2009. Dawie is ook gekies as afrigter van die O/18 Valke Cravenweek-span in 2010, terwyl meneer Jorrie Jordaan Kempies as die Valke Liga-sekretaris vir Hoërskole verteenwoordig. Jorrie is ook 'n Valke O/18 keurder, hy dien op beide die NuPower / Tuks en Noordvaal bestuur. Kempies is baie trots om menere Diedericks en Jordaan as afrigters by ons te hê.

Kempies is bevooreg om Mnr Oupa van der Merwe as nuwe direkteur sport te verwelkom. Oupa was jare lank afrigter van die O/18 Leeus Cravenweekspan.

Kempies het vanjaar weereens bewys dat ons 'n tradisie het waar die seuns elke wedstryd met trots, passie en geloof in ons Skepper speel. Kempies rugby kook !

Die volgende seuns is vir Valke Hoërskole 2009 spanne gekies:
 
O/18 Cravenweekspan:
 
* Wian Lamprecht
* Ryan Louwrens
* Ryan Wells
 
O/19 Pukke Silver:
 
* JP Brummer
* Kobus Nel
* Willem Steenkamp
* Jaco van Niekerk
 
O/19 Pukke Blou:
 
* Johan van Nieuwenhuizen
* Damian van Wyk
* Jean Visser
 
Valke O/16 Grant Khomo:
 
* Tiaan Benadè
* Vincent Hulk
* Stephan van Rooyen
* Dennis Visser
 
Valke O/16 Silver:
 
* Cornè de Villiers
* Breaan van Winkel
* Johan von Brandis
 
Valke O/16 Blou:
 
* Hanno Meyer
* Jannes Snyman
* Werner van Niekerk
 
Die volgende seuns is vir Valke Jeugklub 2009 spanne gekies:
 
O/15 Valke Jeugklub:
 
* Ivan de Beer
* Brendon Hewitt
* Brandon Krause
* Steven Meiring
* Andrè Myburgh
* Johan Ras
* JP Roux
* Jaco Truter
* Frederick van Wyk
 
O/14 Valke Jeugklub:
 
* Zane Wessels