Die seunshokkie het weereens aan die Premier-liga deelgeneem in 2009. Die 1ste span het algeheel 4de geeìndig, terwyl die O/16 en O/14 spanne onderskeiding 5de en 6de geeìndig het. Dit is 'n uitsonderlike prestasie om in hierdie liga te speel, aangesien slegs die top 8 skole uit 32 skole in die liga hier verteenwoordig word.
Die 1ste span het in Mei 2009 aan die Aitken-toernooi gaan deelneem. Hulle het 'n 3de plek in die B-Afdeling behaal.
Die 1ste en O/16 span het 'n suksesvolle toer na Stellenbosch (Maties-hokkiekamp) bygewoon gedurende die April vakansie. Baie is geleer, vele wedstryde is gespeel en spangees us gebou.
In 2010 sal die seuns-hokkiespanne 'n kamp bywoon genaamd "Camp Discovery". Hierdie toer sal plaasvind gedurende die April vakansie.
Die eerste rondte Distrik-proewe vind reeds in Januarie 2010 plaas. Kom meld vroeg aan en word deel van hierdie wenspanne.
|