Distriksliga: Al twee die skaakspanne van die Kempies het in die Distrik-finale
gespeel om die liga-wenners te bepaal. Agtergrond:
Daar is 39 skole wat skaak in D6 speel en wat in verskillende
liga's en groepe teen mekaar deelneem. Die skole wat gewoonlik
met die louere wegstap, is Marais Viljoen (wen gewoonlik al
die liga's), Goudrif en EG Jansen.
Die Kempies het in die koningsliga (die top liga) en die
kasteelliga (vir 2de spanne) deelgeneem. Albei die spanne
was deur die hele liga onoorwonne en het so gekwalifiseer
om aan die Distrik-finaal deel te neem.
In die finaal was daar 8 spanne wat aan die koningsliga
en 4 wat in die kasteelliga deelgeneem het.
Kasteelliga: Kempies wen die kasteelliga vir die tweede agtereenvolgende
jaar en behou hul onoorwonne rekord. 
Kempies 19 punte (11 punte is teen hulle aangeteken).
Koningsliga:
Kempies
wen twee van hul wedstryde en in die 3de uitspeel eindig
hulle gelykop teen Goudrif. Die gelykop-uitslag veroorsaak
dat die Kempies 3de in die liga geplaas word, maar hulle het
steeds geen wedstryde in die hele seisoen verloor nie.
Skaakspelers:
- Riaan Rautenbach
- Dewald Rautenbach
- Eduan de Witt
- Feranado Kleynhans
- Lindsay Germishuizen
- Danika Strampe
- Lizel Potgieter
- JP Botes
- Anton Janse van Vuuren
- Jan-Harm Steenkamp
- Len du Preez
- Anneke Potgieter
- Gerhard Booysen
- Michelle Vosloo
- Chantelle van der Watt
- Heinrich Trollip
- Xander van Rooyen
- Dawie de Koker
- Jordan White
- Alan Erasmus
- Johnny van Heerden
- Rian de Beer
- Chandre Coetzee
- Luzane Kotze
Puk-reeks 2007
Die Junior-span bestaande uit JP Botes, Lizel Potgieter, Anton
Jansen van Vuuren, Dewald Rautenbach, Danika Strampe en Chantel
van der Watt en het tydens die Puk-reeks onoorwonne uit die
stryd getree.
Oefentye
Die spelers speel elke Dinsdagmiddag vanaf 14:00 tot 16:00
teen mekaar. Op Donderdagmiddea 14:00 -16:00 word die skaakspanne
afgerig. |