| Ons tennisseisoen het in 2007
afgeskop met ons proewe wat op Saterdag 24 Februarie plaasgevind
het. Gedurende die seisoen het ons die volgende wedstryde gespeel:
'n Vriendskaplike wedstryd teen Hoërskool Dr EG Jansen
op 23 Februarie, die PUK-reeks wat in April ten einde geloop het,
asook ons Oos-Gauteng tennisliga wedstryde. Ons 1ste span het
gedurende Augustus aan die Wilson Bekertennisuitdaagtoernooi te
Sun City deelgeneem waar hulle vierde geeïndig het.
Die Ligauitslae is soos volg:
Germiston/ Edenvale/ Kempton park streek:
| Superliga: |
Dogters superliga A is derde |
| B-Liga: |
Dogters A is Naaswenners |
| C-Liga: |
Dogters B is Naaswenners |
| D-Liga: |
Dogters C is Naaswenners |

Naaswenners Sun City Tennisuitdaagtoernooi
2007: Donovan, Theuns Erasmus (Afrigter), Luttig, Marcel,
Theo
|
Ons beplan groot dinge vir 2008 met die jaar wat afskop
het met ons rondomtalieuitdaagwedstryde wat op Staterdag
26 Januarie 2008 begin het. Ons sien ook uit na ons deelname
aan die Michelin-reeks. Die Sun City tennisuitdaagtoernooi
vind plaas vanaf 22-26 September 2008. Ons het al baie suksesvol
meegeding aan hierdie reeks en dit is 'n jaarlikse hoogtepunt
vir ons dogters.
Die eerste dogterspan vir 2007 was: Zandri Naude, Melissa
Walker, Elriette Venter en Laura Marais. Hulle het 3de in
die toernooi geeïndig.
Die eerste seunspan wasvir 2007: Luttig van den Heever,
Danie Malan, Donovan McSeveney, Theo Vermaak en Marcellus
Blignaut. |
| |
|